Die Kontrak
Dit is tyd om Afrikaans se nuuste ster te vind
Die splinternuwe seisoen van die talentsoek-program, Die Kontrak, skop eerskomende Sondag af en weereens beloof dié program om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf se drome waar te maak.
Vir opkomende kunstenaars met ‘n passie vir musiek en Afrikaans as die taal van hulle hart, is die droom om eendag op ’n Afrikaans is Groot verhoog te staan ’n prominente gedagte waarmee hulle saans aan die slaap raak.
Om eendag voor vyf en sewentig duisend Afrikaans is Groot-ondersteuners te kan optree is soos ’n tasbare realiteit waarna elke opkomende sanger aspireer.
Dié voorreg is egter slegs vir ’n handjievol kunstenaars beskore en dit verg jare om jouself tot op die gesogte Afrikaans is Groot-verhoog te werk - tot die Die Kontrak die lig gesien het. Dié kompetisie verander een aspirant sanger se hele lewe.
Na slegs een seisoen van Die Kontrak het hierdie talent-soektog homself bewys as een van die mees invloedryke platforms vir ’n opkomende Afrikaanse kunstenaar, om hulself in die Afrikaanse musiekindustrie te vestig.
#DieKontrak2 saai vanaf 21 Augustus uit om 6:30NM op eEkstra (kanaal 195 op DStv en kanaal 105 op Openview) | Herhalings is die volgende Saterdag op e.tv om 6NM.